Events in October 2026
| MonMonday | TueTuesday | WedWednesday | ThuThursday | FriFriday | SatSaturday | SunSunday |
|---|---|---|---|---|---|---|
September 28, 2026
|
September 29, 2026
|
September 30, 2026
|
October 1, 2026
|
October 2, 2026
|
October 3, 2026
|
October 4, 2026
|
October 5, 2026
|
October 6, 2026
|
October 7, 2026
|
October 8, 2026
|
October 9, 2026
|
October 10, 2026
|
October 11, 2026
|
October 12, 2026
|
October 13, 2026
|
October 14, 2026
|
October 15, 2026
|
October 16, 2026
|
October 17, 2026
|
October 18, 2026
|
October 19, 2026
|
October 20, 2026
|
October 21, 2026
|
October 22, 2026
|
October 23, 2026
|
October 24, 2026
|
October 25, 2026
|
October 26, 2026
|
October 27, 2026
|
October 28, 2026
|
October 29, 2026
|
October 30, 2026
|
October 31, 2026
|
November 1, 2026
|
Gerduan Kemp is ’n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en fotograaf van die Vrystaat. Hy werk al agt jaar in die musiekbedryf en het al by verskeie groot funksies en feeste, regoor die land opgetree.
Dié veelsydige kunstenaar, met sy kenmerkende diep stem, besit ook sy eie foto- en videografiebesigheid, GK Kreativ Productions en voel bevoorreg om beide sy passies te kan uitleef.
Hierdie talentvolle sanger het in Bloemfontein grootgeword. Omdat hy reeds op skool baie passievol was oor musiek, het hy reeds vanaf graad twee af kitaarlesse geneem. Hy het egter eers in sy finale jaar op universiteit, waar hy besig was om Kommunikasiemedia en Joernalistiek te studeer, besluit om ’n voltydse loopbaan van musiek te maak en het in 2012 begin sanglesse neem.
In 2019 het hy sy eerste enkelsnit uit sy eie pen, Vergewe my as ek, vrygestel wat baie goed ontvang is. Die musiekvideo het ook reeds meer as 12 000 kyke op YouTube gehad. Slapelose Nag en Dagbreekdrome, het kort daarna gevolg en is steeds baie gewild.
Sesde Sintuig, wat deur Johan Oberholzer geskryf is, is in Oktober 2020 uitgereik en word reeds deur verskeie radiostasies gespeel.
Die sanger verklap dat hy baie van musiek hou wat ’n storie vertel en dieper betekenis het. Daarom vind hy aanklank by kunstenaars soos Niall Horan, Elandré en Daughtry en werk hy hard daaraan om te verseker dat sy eie liedjies oor dieselfde eienskappe beskik. Hy sal ook nog graag eendag saam met Elandré en Tarryn Lamb wou werk indien die geleentheid oor sy pad kom.
Gerduan meen dat dit belangrik is om al jou talente en gawes te gebruik en verklap dat alhoewel hy geen formele klavieropleiding het nie, hy dit steeds regkry om homself moeiteloos te begelei tydens elke vertoning.
Die musiekbedryf het hom geleer dat daar ’n plekkie is vir almal in die musiekson en dat jy jou drome kan bewaarheid as jy bereid is om jou oë toe te knyp en die eerste tree te gee. Daarom is hy tans besig met die opname van sy eerste vollengte album, waarmee hy in 2021 die volgende fase van sy droom wil bewaarheid.Gerduan Kemp wil graag hê dat sy musiek vir luisteraars ’n storie moet vertel en dat dit emosies sal ontlok waarby oud en jonk sal aanklank vind.
Video Links:
The Sound of Silence:
Iris:
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/gerduankemp
Instagram: @gerduan_kemp
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXPRZ8V6lklGKjA_F0hbKFA
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za