Aasvoëlklub

Piaf - The untold Story,
in English

“Die Binnelander” is ‘n vars en verfrissende aanbieding van sestien liedere uit verskeie genres wat aanmekaar geweef word deur ‘n komiese storielyn.

Die vertoning is ‘n unieke ervaring waar die jong, opkomende sangsensasie, Elizabeth Marais, die gehoor meesleur op n uurlange vertoning van liedere uit musikale teater, jazz, kontemporêr en opera. werke is slim gekies om die storielyn goed in te kleur en te ondersteun. Haar vertelling van Elizabeth Marais se soeke na die perfekte man in die buiteland – nadat haar pa nie haar verhouding met die plaaslike Fanie Viljoen goedkeur nie – laat die gehoor telkens met ‘n kriewel in die kiewe.

Sy vermag die moeilike taak om ‘n gehoor wat nie natuurlik van opera hou nie, gemaklik in te trek in die storielyn en vertolk swaar werke soos “Koningin van die Nag” en “Chacun le sait” met die grootste gemak terwyl sy dit lig hou deur die komiese storielyn. Net so skielik neem sy die gehoor se emosies op ‘n tuimeltrein deur die diep vertolking van “O mio babbino” en “Solo con te” en dan lewer sy moeiteloos ‘n kragvertoning met “Non je ne regrette rien.”

Elizabeth maak gebruik van ‘n kapstok met hoofbedekkings om haar karakters uit te beeld en maak ook slim gebruik van agtergrondpanele wat sy so gesels-gesels verander om die gehoor van die een land na die ander te begelei.

Hierdie jong kunstenaar is ‘n talent om dop te hou en haar gemaklike interaksie met die gehoor, gemak op die verhoog en besonderse stem laat die gehoor altyd met groot waardering.

Datum: 30 Augustus 2024
Tyd: 18:30 vir 19:00
Kaartjies: R150

 

Events

Book tickets to any of our upcoming shows and events here.

services

Everything you need for your function or event

Entertainment

Singers, MC's, Comedians and more. We're sure we will find the perfect fit for your event!

Technical

The foundation of any project! With our venues and technical experts, no dream is too big.

Educational

Equipping individuals with the tools they need in all aspects of the entertainment industry and life.

Artist calendar

Events in January 2025

Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Sunday
December 30, 2024
December 31, 2024
January 1, 2025
January 2, 2025
January 3, 2025
January 4, 2025
January 5, 2025
January 6, 2025
January 7, 2025
January 8, 2025
January 9, 2025
January 10, 2025
January 11, 2025
January 12, 2025
January 13, 2025
January 14, 2025
January 15, 2025
January 16, 2025
January 17, 2025
January 18, 2025
January 19, 2025
January 20, 2025
January 21, 2025
January 22, 2025
January 23, 2025
January 24, 2025
January 25, 2025
January 26, 2025
January 27, 2025
January 28, 2025
January 29, 2025
January 30, 2025
January 31, 2025
February 1, 2025
February 2, 2025

Sponsors

the sponsors that make it all happen