Chrismari Albertse

Chrismari Albertse's Calendar

Events in May 2025

Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Sunday
April 28, 2025
April 29, 2025
April 30, 2025
May 1, 2025
May 2, 2025
May 3, 2025
May 4, 2025
May 5, 2025
May 6, 2025
May 7, 2025
May 8, 2025
May 9, 2025
May 10, 2025
May 11, 2025
May 12, 2025
May 13, 2025
May 14, 2025
May 15, 2025
May 16, 2025
May 17, 2025
May 18, 2025
May 19, 2025
May 20, 2025
May 21, 2025
May 22, 2025
May 23, 2025
May 24, 2025
May 25, 2025
May 26, 2025
May 27, 2025
May 28, 2025
May 29, 2025
May 30, 2025
May 31, 2025
June 1, 2025

Musiek was nog altyd in my bloed en deel van my.  Na my skoolloopbaan en vele oudisies vir die Vrystaat Jeugkoor, het ek eindelik die geleentheid gekry om onder leiding van Danie Heyman te sing.  Ek was ‘n lid van die Vrystaat Sangers van 1998 – 2003.  Gedurende hierdie tyd is ek bekendgestel aan verskeie genres en het ek as solis vir die koor opgetree.

Na byna ses jaar van koorsang het ek besluit dit is tyd vir ‘n nuwe uitdaging.  Ek het ‘n vertoning van die destydse Acapella-groep “Brilliant Cut” bygewoon en verlief geraak op die klanke van Jazz.  Ek wou met alles in my op daardie verhoog wees en deel wees van die groep musikante wat hierdie uitdagende en ingewikkelde musiek bemeester.  My droom is bewaarheid toe ek ‘n oudisie vir understudy slaag en in 2004 by die groep aansluit.  Na slegs ‘n paar maande was ek ‘n volwaardige lid (nie meer die understudy nie) en hier het my liefde vir en fassinasie met Jazz begin.  Daardie jaar het die groep ‘n vertoning by Aardklop voor bekende kunstenaars gelewer.

Nadat die groep ontbind het, het ek nou en dan by troues en geleenthede gesing tot my pad op ‘n aand in 2009 met die van Cornel Steenkamp s’n gekruis het.  Ons het ‘n liefde vir musiek – en Jazz natuurlik – gedeel en wou albei graag weer sing.  “Let’s start a band” was my woorde aan haar en dit is hoe Sweid ontstaan het.

Sweid het aanvanklik begin met myself en Cornel.  ‘n Pianis het gevolg en Sweid het vinnig gegroei tot ‘n vyfstuks.  Blues en Jazz was ons fokus, maar ons het besef dat ons ‘n uitgesoekte mark betree en daarom besluit om musiek te doen waarvan ons hou, maar wat nie noodwendig tot ‘n sekere genre beperk sou wees nie.  Ons was vasbeslote om getrou aan onsself te bly en ‘n unieke styl te he.  Buiten vir die optredes by korporatiewe funksies en troues, het Sweid ook gereeld by bekende restaurante soos Coco C, Bella Casa en Seven on Kellner opgetree.  ‘n CD het gevolg met bekende covers asook vier oorspronklike liedjies uit die pen van drie van die groep se lede.  Die groep se ABBA-produksie was ‘n hoogtepunt en ons het met hierdie produksie ook op die platteland gaan draai.  ‘n Kaapse toer saam met Thabo Pitse en Jakobus Silwer was ook ‘n groot hoogtepunt en hier het Sweid by die talentvolle Danielle Pascal se teater opgetree… met haar in die gehoor.  In 2011 het die groep egter ontbind vanwee die lede se onderskeie werkverpligtinge.

‘n Paar jaar van stilte het gevolg.  In 2012 het ek ‘n solovertoning gehad by die Vrystaat Kunstefees waar ek ‘n produksie met die naam van “Late Night Moods” met ‘n vierstuks orkes gedoen het. 

Nog ‘n hoogtepunt was toe Angelo Mockie my in 2017 genader het om deel te neem an sy produksie genaamds “Lady Sings the Blues”.  Verskeie kunstenaars, o.a Cezanne Yzelle, was ook deel van hierdie produksie.

Baie water het intussen in die see geloop en sedertdien het ek myself leer trekklavier speel en neem ek so nou en dan die instrument op wanneer my vingers jeuk. Musiek is ‘n liefde, ‘n passie, ‘n inspirasie