Klipkerk 100 Jarige Fees
October 13, 2019 All day
Kom geniet 'n naweek van Feesvieringe by die Klipkerk ter viering van die 100 jarige bestaan. Die argitektuur van Gerhard Moerdyk is steeds iets besonders en ons is dankbaar vir 100 jaar. Ons skop die fees die Vrydag die 11e Oktober af met ñ Kermis om 16:00. Saterdag 12 Oktober het ons ñ Tuindag met Kinderteater en ñ Kunskompetisie onlv Dina Grobler. Sondag oggend 10:00 is ons groot Fees Diens met Take Note, Oranje Skoolkoor, Mario Lategan, ThaRo en Corneil Müller. Moet ook nie die Gemeente ete om 12:00 misloop nie.
Vir meer inligting kontak Dina Grobler 072 373 4022
Kaartjies vir middagete te koop by die Kerkantoor 051 448 1419