June 20, 2019

Na twee jaar is Corneil Muller weer terug in sy geboortestad, Bloemfontein vir ‘n solo vertoning by die Aasvoëlklub. ‘n Plek wat hom na aan die hart lê. Dis ook hier waar hy tien jaar gelede sy eerste solo vertoning (as sanger) gelewer het.
Intussen het Muller in Spanje gewoon en opgetree en is tans woonagtig in die Kaap van waar hy landswyd optree.
Hy was onlangs te sien as ‘n finalis op The Voice Suid-Afrika se derde televisiereeks.
Hy spits hom toe op solo optredes asook ‘n wye verskeidenheid vertonings saam met orkeste en ander kunstenaars regoor Suid-Afrika.
“Dis ‘n groot voorreg om voor ‘n gehoor op te tree wat ‘n mens as kunstenaar sien ontwikkel en ondersteun het in jou loopbaan.
Eers as tjellis en daarna as sanger.
Daarom is dit juis vir my belangrik om my talent te deel met die gemeenskap van Bloemfontein wat deur die jare en veral tydens The Voice lojale ondersteuners was”, sê Muller.
Hy word bygestaan deur Lucas Heinen op klavier, as begeleier en gerekende musikant in Suid-Afrikaanse musiekkringe.
Die vertoning vind plaas op 20 Junie in die Aasvoëlklub om ?19:00.
Kaartjies beloop R150 en is beskikbaar by Crazy Daisy Preller Plein, Crazy Daisy Fleurdal, asook Kiki Corner in Langenhovenpark.